+27647919229  

Kies die regte hengel plek
Author: Hein Henning



Hoeveel van ons kom terug van n hengeluitstappie sonder goeie resultate. Ons soek die fout by die weer, aas en someer, maar die eerste belangrike aspek van hengel word nooit aan gedink nie. Waar jy gaan kampopslaan en jou stokke ingooi.

Deur die regte plek vir hengel te kies is noodsaaklik. Dis die speelveld waar jy en die visse mekaar die stryd sal aanse. Baie keer staan ons langs die water en bekyk die oewer en neem nie ingeligte besluite om die regte plek te kies nie.

Ons eerste oorweging wanneer ons n geskikte hengel area kies is gewoonlik die gerief wat dit aan ons kan bied. So ignoreer ons baie ander belangrike aspekte wat ons in staat sal stel om n vis te vang

 

  • Kontoere
    • Kontoere is noodsaaklik aangesien dit dui op areas waar kos mag versamel en strome kan wees. Ook waar gebiede tussen vlak en dieper water is wat gewoonlik verkies word deur visse. Gebruik die internet, spesie tegnieke en visuele plekke soos punte op oewer om kontoere te bepaal.

 

  • Dieptes
    • Dieptes van water is belangrik aangesien dit deur visse gebruik word in verskillende tempratuur omstandighede. Asook die rol wat die vlak van suurstof sal speel. Weet dat suurstofvlakke wat deur warmer water beter gehou word die beste omgewing is vir visse. Daar bestaan verskeie manier om diepte te bepaal soos spesie tegnieke en die gewone telling van n gewig van die tyd wat dit die water tref tot dit op die bodem gaan rus.

 

  • Haakplekke
    • Meeste van die tyd word haakplekke vermy. Let wel dat natuurlike haakplekke soos plantaardige materiaal wel n skuiling plek kan wees vir visse. Dus kan dit in jou voordeel wees om die plekke te teiken en te verstaan hoe om te verseker dat jy steeds die vis kan uitkry.

 

  • Sloepe
    • Dit bly die voorkeur van baie hengelaars. Die rede hiervoor is die feit dat sloepe gewoonlik meer opsies bied en dat winde die vis kan lei tot sloepe aangesien baie kosse daar ingespoel word. Dis n area waar visse ook meer sal vergader in tye van voortplanting.

 

  • Strukture & Vegitasie
    • Dis die gebied wat vis verkies as skuilplek en dit hou ook meer voedings opsies as ander plekke. Dis al baie bewys dat hierdie gebiede ook groot visse kan oplewer.

 

  • Inlope
    • Die gebiede is verseker n moet vir alle hengelaars. Inlope bied alles wat al reeds genoem is. Die verskeidenheid van opsies wat die plekke bied kan jou laat aanpas by enige omstandigheid.

 

Spandeer meer tyd voor jy jou kamp opslaan en die stokke ingooi. Loop langs die oewer en vereenselwig jou met dit wat daar aangaan. Kyk uit vir die aktiwiteit van visse op die oppervlakke.

Kyk na die sekuriteit aspekte en waar daar wel n mate van gerief kan wees.

Al die aspekte kan bydra tot die sukses van jou volgende uitstappie. Die sukses van hengel is opgesluit in die korrekte en volledige voorbereiding wat jy doen.

Deur die regte plek op n oewer te kies stel jy jouself in n beter situasie om vis te vang en n genotvolle tyd langs die water te kan he.




Visitors also viewed the following:

 
1. Baited Rig vs Results 590
Author: Hein Henning    Date Published: 09 December 2019

2. Fishing Techniques - Selection ensure results 493
Author: Hein Henning    Date Published: 09 December 2019



Article Index  Back to Top

© Copyright CarpSeeker 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of CarpSeeker.